 
Tracks: 
- Donkermaan [4.27]
- Sien Jou Weer [4.02]
-  Marilyn Monroe [3.09]
- Suitcase Vol Winter [4.21]
- Van Tonder  [4.35]
- Die Kind  [4.37]
- Goeienag Generaal  [4.08]
- Klein Bietjie Reën [4.37]
-  In Die Transvaal [4.01]
- Staan Saam Burgers  [4.21]
- Gipsy In Jou Oë  [3.59] vocals by Koos Kombuis
- Kom Huistoe  [3.58]
Donkermaan
Nou kyk daar is geen verskoning
Vir alles wat ons doen
Doen ons maar net
Om iets van die hemel te proe
Sondaarsirkel en brandewynstraat
Dis baie waar, veral vanaand
Chorus
Maar vir jou sal ek nooit vergeet
Al woon jy nou
In 'n huis vol spoke en geeste
In 'n wit paleis
Mense met spierwit klere
Vir jou medisyne bring
Vergeet van gister, te naby
Aan die donkermaan
Nou kyk daar is geen verweer
Geen vals eis, alles wat ons begeer
Was maar altyd net 'n kamer met son
In 'n groot grys gebou
Chorus
Cathy kom nooit weer huistoe
Miskien net vir Krismis of Nuwejaar
Moenie so baie praat nie
Slaan daai kitaar
Chorus
Sien Jou Weer
Mmmm sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kamma kamma
Behandel my soos 'n weggooikind
Maar ek is nie jou vaaljapie
Ek loop baie saam met
Die nag en die wind
En spoke het ek baie gesien
Maar ek wag nog
Chorus:
Kyk nou die langpad 
Roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan
En alwat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou weer
Chorus
Daar is 'n kamer met vier mure
En geen son
Wie is die duiwel
Wie sal die liefde kom red
Lewe dan maar soos jy wil
Want jy sal altyd laaste lag
Ek hoor sirenes iewers in die nag
En ek wonder wat dit was
Chorus
Marilyn Monroe
Sy was altyd jou eie Marilyn Monroe
En dit was mamba om net huis toe te gaan
Waar sit jy nou, hier in 'n winter hotel
En verlang na die lag in haar stem
Ai jaai jaai jaai
Gister was ek nog jakkals se kind
Nou voel ek so oud
Asof alles verby is tussen my en jou
En dis koud hier op hierdie plek
En ek wil nie hier wees nie
En miskien sal ek jou nooit weer sien
Ai jaai jaai jaai
Herhaal eerste vers
Suitcase Vol Winter
Hierdie trein loop na nerens
Maar 
dit pas my baie goed,
hoe verder hoe beter
Dit is my wens
Klein bietjie liefde
Klein bietjie 
geluk
Heelwat van dit en dat, maar meestal
'n Suitcase vol 
winter
Ek loop iewers deur die storm
En 
deur die bliksem weer
Want 'n vrou sal jou doodmaak
As sy kwaad is, in 'n 
donker kamer
Met 'n haelgeweer
Ja die trein loop na nerens
Maar 
dit pas my goed
hoe verder hoe beter
Klein bietjie liefde
Klein bietjie 
geluk
Heelwat van dit en dat, maar meestal
'n Suitcase vol 
winter
Van Tonder
Die spook het jou nou gevat
Maar hier waar jy staan
Is net die lede van jou bende
So loop jou gedagtes
En jy hoor in Kimberley hys hulle die vlag van Brittanje
Iewers sterf nog 'n kind in 'n konsentrasie kamp
Maar dis nou alles iets van die verlede
Prinses van wat?
Bobbejaanwyfie dra sulke mooi klere
Chorus:
Toe ek weer so kyk
Miskien net vir 'n oomblik
Vang ek 'n spook
Ek dink ek is 'n siener
Sê vir Jannie Hattingh
Ek sal dit altyd onthou
Sê vir Van Tonder
Ek stel dit hoog op prys
Weet nie of ek jou ooit weer gaan sien
Hulle sê al die rebelle word dood geskiet
Almal wat hulle kry 
Noord van die Oranje Rivier
Net vir die koning
Net vir sy plesier
Chorus
Die Kind
Willie maak nog net daai 
oproep
Want jou moeder wil weet
Waar slaap jy vanaand
Dit was alles 
eintlik so onnodig
Maar wat kan 'n mens nou eintlik se
Ja die kind gaan nou alleeen
In 
die wye wereld in
Kinders op elke straat
Kinders van die reen
Daar is niks meer om te se nie
Dit 
maak nie veel meer saak nie
Winter of Somer
Die kind is altyd 
alleen
Op skool was sy almal se 
liefling
Ons liewe Elmien
So belowend maar altyd 'n bietjie anders
Sy 
werk nou die nagskof
Vir die wyse manne van die Ooste
En hulle ryk bedorwe 
seuntjies
Elke kind het sy eie seer 
hart
Glimlag, liefde pyn en nog wat
En solank die oë nog lag is die kind 
seker okay..
Goeienag Generaal
Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in 
uniform, en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Guitar solo
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker
Klein bietjie reën  
  
As die wind en weer so oor die berg kom sweef  
  
  Sien ek jou weer so in my gees  
  
Ons was kinders maar jy het altyd geweet 
Wie jy wil wees    
nou en dan jou gesig gesien 
As ek aan 'n tydskrif vat    
  
Om en dom, kom by die dokter aan 
En daar le De Kat    
  
So aangesien so opgesmuk  
  
Maar die make up laat jou jonger lyk 
Daar was altyd 'n bietjie reën in jou oë 
Skielik het die son sy rug gedraai op jou 
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou? 
O my baby hoekom is jy so alleen?    
  
O my baby altyd 'n bietjie reën  
  
Die kinders word groot die liefde gaan dood 
En die prokureur, by maak seker    
  Jy kry jou deel, sak vol geld en 'n klein kasteel   
 
  Wat uitkyk oor die see  
  
Hulle se dit was 'n .38, Smith en Wesson 
Iemand hoor die geluid, roep die nagwag 
Sluit die deur oop, vloek hardop uit en se 
Bel die polisie by Seepunt    
  
Maar more is jy weer in die nuus 
Miskien op bladsy drie of vier 
Miskien 'n foto, man staan by jou graf 
En in sy hande, so drie hale    
  
Wit angelier....... wit angelier  
In die Transvaal  
  
Die donderweer raas oor jou radio 
Die nag kom aan    
  
Nog 'n vaal skemer het gekom en gegaan    
  
Gister hang soos 'n landskap 
In 'n goue raam,    
  
Jy wonder wat pla jou, 
jy voel so oud vanaand    
  
Jy's lewenslank in die wilde Transvaal
 Hier's 'n deurnagdiens vir    
  
'n man soos jy, 'n man soos jy 
Wonder jy wanneer kom    
  
die Oubaas jou haal  
  
Is jou huur betaal kan jy vir 
altyd hier bly?  
  
In die Transvaal  
  
Die brandewyn raas soos 'n rodeo 
Met 'n engel in die saal    
  
Sy vaa jou naamn en trou met jou
 Hou 'n gront ontlaaal    
  
Jare daarna is jy eensaam, 
en grys met 'n glas    
  
Dis dop en dam en deesdae
 Is die linkerbaan jou baas 
jy's lewenslank in die harde Transvaal 
By die vurk in die pad skiet jy links 
en dan hou jy net aan en aan    
  
on as die derde kraai vlieg
  gaan jy staan en klim deur die drade   
 
  
jy's lewenslank in die bitter Transvaal.  
Staan Saam Burgers
By die goue vallei het ons lank gewag
Op 'n antwoord wat kom  uit die noorde
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam
Siener Van Rensburg kyk na sy hande
En sê ek kan dit nie verstaan
Iewers op die vlakte
Begin'n jakkals tjank
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam
Hoekom het jy ons nie gesê nie
Die man se perd was swart
Net soos die nag
Dit was nie Van Tonder nie
Net so tussen my en jou
Vir wat dit werd is
Ek dink die duiwel het ons 'n streep getrek
Staan saam burgers, staan saam
Staan saam burgers, staan saam
Die Gipsy In Jou Oë
Ek hou nogal van jou
En jou 
liggaam is okay
Die plek waar jy nou woon
Is nogal nice vir my
Dis fine 
as jy hier rond is
Ek like jou, dit kan jy maar glo,
Maar ek's eintlik 
verlief
Op die gipsy in jou oë
Daar's altyd koffie op jou rak
En 
lekker goed in jou kombuis
Jy maak my stadig mak
Maar ek raak net meer 
uitgespace
hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol
Saam, tot waar ons 
so windvry kan wees
Voëls wat ver vlieg
Soos die gipsy in jou 
oë
Ek's crazy, crazy, crazy
Al my 
vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou 
oë
Elke mens het 'n obsessie
En myne 
is nie jy nie
Maar troos joun daaraan, donker kind
Ek hoef nie verder te 
ry nie
Want iewers tussen ons
Maak 'n fantasy my skoon bewoë
Dis daai 
vreemde mens diep in jou
Dis daai gipsy in jou oë
Ek's crazy, crazy, crazy
Al my 
vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou 
oë
Jy dink dat ek jou liefhet
Want ek 
volg jou waar jy gaan
Maar ek wag vir daardie oomblik
Total eclipse van 
son en maan
Magic van onder of van bo
Ja, ek hou die heel aand dop
Vir 
die gypsy in jou oë
Ek vra my dikwels af
Waar die 
wonderwerk vandaan kom
Is dit wingerd in die Boland
Of 'n mite in 
beton?
hoe kan jy so ver wees en
So naby tegelyk
Ja so 'n raaisel van : 
Tweeling?
Wie is die gypsy in jou oë?
Kom Huistoe
Dit was 'n tyd vir liefde
Was 'n 
tyd vir reen
'n tyd vir vrede
maar ons liefste Magdalena
maak seker, 
maak seker
Jy sal altyd net so bly
Net so alleen
Kom asseblief tog net huistoe
Gee 
nie om waar jy was nie
Wil jou net vashou
Kom asseblief tog net 
huistoe
Jy's te warm vir 'n gewone man
Kom asseblief tog net 
huistoe
Nou loop soek ek jou op elke 
straat
Laat in die nag maar niemand wil met my praat
En hulle lag vir 
my
Want hulle weet
Sonder jou is ek so alleen
Kom asseblief tog net huistoe
Gee 
nie om waar jy was nie
Wil jou net vashou
Kom asseblief tog net 
huistoe
Jy's te warm vir 'n gewone man
Kom asseblief tog net 
huistoe
All songs composed by Piet Botha except 'In Die Transvaal' (Valiant Swart) and 'Gipsy In Jou Oë' (Piet Botha/Koos Kombuis).
««« Back