Jack Hammer  
HOME | ABOUT | ALBUMS | LYRICS |GIGS | PHOTOS | REVIEWS | CONTACT
 
Piet Botha
Die Mamba
Lyrics


Die Mamba
  1. Warm Heuning
  2. Bye Bye My Darling
  3. Man Met Kitaar
  4. Die Mamba
  5. O My Heiland
  6. Al Die Stede
  7. Skielik Somer
  8. Die Gemmerbroodman
  9. Bordello
  10. Bosveldpad
  11. Herfsgedagtes
  12. Kitty
  13. Jacob Klipkop
  14. Jeffreysbaai

1. Warm Heuning

Ek het jou vanmore bekyk in jou tuin
Met die aarde in jou hand
Jy weet dit nie maar daar is, niemand anders soos jy
Dis alweer somer en warm ek weet
Maar dit voel net soos gister

Jy asem my in ek asem jou uit
Dit lag en dit kreun ..warm heuning

Daardie ander man, ja die een met die kruk
Met die reën in sy lyf
Hy't nou gegroet maar dis 'n helse verhaal
Hou my vas, hou my styf vas
Iemand het vir iemand betaal
Ek het jou nou kom haal

Ek asem jou in jy asem my uit
Dit lag en dit kreun..warm heuning

Ruik en vat en proe en lek en sluk
Warm heuning
Goud van kleur en ryk in geur
Warm heuning
Jy asem my in ek asem jou uit
Dit lag en dit kreun..warm heuning

2. Bye bye my darling

Op sy plaas by die Krokodilrivier
Het hy die tyding gekry
Dis oorlog burgers elke man
Moet opsaal en ry
Mart ek weet ons wou trou
Maar ek moet op kommando gaan
Bye bye my darling it's time to go
Nou bly jy hier alleen met die hartseer maan

Uit die armbuurte van Liverpool
Het die rooibaadjies tou gestaan
Kom veg in Afrika vir julle koning se naam
En groet maar julle mense
Want hulle sien julle nie gou
Bye bye my darling it's time to go
Hey ho hey ho boys it's a jolly good show !

Die wind is baie bitter wat waai vanaand
Oor die grafte wat in die oop veld staan
Skuilplek vir 'n kampkind of dalk 'n rebel
Ek wonder wat die wind vertel
Bye bye my darling it's time to go

In 1975 het die Yankees ons mislei
Vinnig in Angola in en toe te lank gebly
Kinders gevoer vir die groot geld hoer
Die aasvoëls bak en brou
Bye bye my darling it's time to go
Klein bliksoldaatjie waar is jy nou ?

Vertel my van Daljosafat waar die helder water loop
Vertel my van Suid Afrika
Met bloed en met vuur gedoop
Vertel my dan van die liefde
Tussen 'n man en 'n vrou
Bye bye my darling it's time to go

3. Man met Kitaar

Goedvertrouw

Op die plaas Goedvertrouw is almal konings
By die rivier het die son geskyn
Blou berge oral in die rondte en blou lug
Groen lê die lande, swaar van die wyn
In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar's myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Koebaai julle konings koebaai

Ek ken die N1 en twee en drie en vier en so aan..
Paaie in die wildernis
Dit beteken alles, dit beteken niks
Op Langebaan en Vredenburg
Goed gegaan maar hard gewurg
Aan die brandewyn..
Brandewyn laat my staan
Want ek wil huis toe gaan

Beaufort Wes en Kimberley, was nie lank gelede nie
Oorlog kom en oorlog gaan
Maar myle hou net aan en aan
So as jy vir Jakob soek maar jy kan hom nie kry
En jy wonder waar is die ou siel nou
Hy sit in die son met sy kitaar
Die plaas se naam is Goedvertrouw

4. Die Mamba

Hulle roep my die mamba
Die hele kontinent behoort aan my
En ek beweeg
Maar ek hou nie baie van die woestyn
Want daar is nie jong bokkies
Bokkies om te byt..

Hulle roep my die mamba
En jy sal die vrees sien in hulle oge
Hulle roep my die mamba
By die hoor van my naam begin hulle bewe
En as jy by my pad loop staan
Dan kom die bliksem ek belowe
Jong bokkies…bokkies om te byt

Hulle roep my die mamba
En ek looi die kitaar
Op die lang pad gebore
En toe sommer net daar laat staan
Ek en my vriend adder loop by die nag
Al daai heerlike diertjies wat wag
Jong bokkies….bokkies om te byt
En dan sê hulle : "Hey hey hey
My mamba baby"

5. O My Heiland

Daar's 'n kêrel wat staan by die deur
Gecollar en getaai
En hy soek geld voordat hy gaan waai
Sy oë die kan jy nie sien
Oor die bril wat hy dra
Hy is baie ernstig hy gaan nie weer vra

Maar niemand weet wie wat moet betaal

En niemand weet hoeveel
Maar die wiele moet draai
En die mense wil speel
In huise van hartseer
Strate van reën
Op paaie sonder grense
Oor en weer en weer 'n keer
En Liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
O my Heiland wat nou wat nou ?
O my Heiland o my Heiland
Wat nou , wat nou ?

By die bushalte net duskant Matlapeng
Het die profeet gesit en gewag
Maar die bus wat vir hom moes kom haal
Het in die donker verdwaal
En die mense,tevergeefs het hulle gebid
Deur die nag
En toe hy die volgende dag eers daar opdaag
Was daar niemand wat meer vir hom wag
O my heiland wat nou ?

6. Al die stede

Donker donker wolke het gehang
Oor die berge oor die stede
Oor die kinders van Abraham
Masjiengeweervuur musiek vir die nag
En almal wag en wag
Want die dood draai dikwels hier
Enige tyd enige uur
O die arme Jerusalem
Stad van mense ,stad van Gode
En weer en weer geoffer in die vuur
Rook en mis altyd in die pad
Net buite Johannesburg die stad
Waar die struggle voortwoed
Op sy eie tyd eie manier
Laatnag klink die jazzmusiek
Net soos Psalms soos Gesange
In die strate en in die shebeens
Soweto, stad van helde
Vergete keer op keer
Ry die engele hier verby
Rooi en blou en blou en rooi
Aai dis tog so vreeslik mooi
In die strate van Kabul
Daar in Afghanistan dis wat ek bedoel
Halleluja want die V.S.A.
Gaan tog alles regmaak
Coca cola en heroin
Beskikbaar op elke straat
Stad van wanhoop wie sal weet
Wie sal weet wat vir jou wag ?
In die nuwe dag
Maar in al die stede
Van die hele wêreld
Sal hulle jou naam ken
Nelson Mandela
Nelson Mandela

7. Skielik somer

Mallemeule, tiekiedraai
Wiele rol hane kraai
Myle flits verby, 'n rolprent
Wat te vinnig draai
Wele weg in Niemandsland
Vreemde stede, vreemde aarde
Vêr van jou engel
Naby jou skade
Vriende het jy baie
Nuwes elke dag
Maar jy gaan slaap alleen in die nag
Wakker word, dis net nog 'n hotel
Bin Laden op die TV dit voel soos die hel
Daar's so baie paaie wat die pelgrim moet loop
Om by die Poorte uit te kom
Baie van hulle is vol draaie en met dorings besaai
Maar die een wat so blink, my kind
Draai liewers om

Struisbaai, Hermanus die Paarl en die Strand
Elke aand 'n ander kleur speel hom aan die brand
Die lang man sê dis weer tyd om te ry
Ek wil nog slaap, wil nog wegkruip
Elke dag se bede , wanneer sien ek jou weer
My riviere is swart , dis nie water nie dis teer
En die Dier gee nie om of hy loop of ry
En hy hou jou dop en hy wil jou kry
Ek kry 'n foto van jou in my tas
Jy het altyd gelag as jy sê ek is 'n dromer
En toe ek aan jou dink
Toe word dit somer
Skielik…toe word dit somer

As ek wegkom uit Nantes dan kom ek jou haal
Hoe het ek al weer so vêr verdwaal
Die sonde keil my op
En die dier hou my dop
En almal praat in vreemde tale
Toe ons oor die Stormsrivierbrug ry
Toe wens ek jy was by my
Stadig val die nag
In die kroeë hoor ek die mense lag
Ek kry 'n foto van jou ….

8. Die Gemmerbroodman

Haai ek is tog te oulik
Met my bakkies blink poleer
Whatever jy verdien, ek verdien tog meer
En ek maak my bek oop
Elke kans wat ek kry
Want ek is so belangrik
Die wêreld moet weet van my
Hier kom die gemmerbroodman
Hy's 'n selfvoldane kalant
Maar oppas my ou maat
Want die ou spreekwoord praat
Elke boontjie kry sy loon
Jy gaan maklik terug in die oond
O die gemmerbroodman..

Haai ek is tog te oulik
Elke spieël sê dit vir my
En as ek iets wil hê sal
My bestuurder dit vir my kry
My naam in goue letters
Maak seker dis reg gespel
Daar gaan my foon alweer
Dis Rapport wat my bel
Want ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Van Gobabis tot in Bethlehem
En tot onder in die Kaap
Ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Ek tel my geld in die nag
As al die ander mense slaap

Haai ek is tog te oulik
Ek kan al die wyse manne kwoteer
Al het ek eintlik nie 'n clue
Ons moet almal probeer
En as dit nie wil werk nie
Dan sal ek jou gou vertel
Van hoe baie geld ek gemaak het
En wie onder my vriende tel
Hier kom die gemmerbroodman…

9. Bordello (Daar is 'n huis)

daar is 'n huis in Johannesburg
waar die rooi lig brand elke aand
en baie siele het hier alles verloor
dobbel, slegte vrouens en drank

my een been is nog op moeder aarde
maar die ander een is nog op die trein
Potgieterstraat, 10 jaar vir roof
Dit het ek gekry

O Magistraat sê vir my moeder
Om haar trane vir iemand anders te hou
Dit wat ek gekry het, het ek verdien
Ek met my baadjie, baadjie blou

En leer tog vir julle kinders
Van die Hemel en van die hel wat brand
En hou hulle vir ewig weg as julle kan
Van die huis op die Witwatersrand

10. Bosveldpad

maanlig op die ou bosveldpad
doringboom se kind
ek ruik die aarde nat en bly
om 'n bietjie water te kry
bosveldson warm soos 'n oond
krokodil se vel, Mabalel, daar word vertel
die tokkelos kom reguit uit die hel
hier gesien en daar gewaar
en die ou man sit en staar
en in die vuur droom hy
van lang vergete dae
olifant se tand o nou baie duur
krokodil se vel, Mabalel, daar word vertel
die tokkelos kom reguit uit die hel
maanlig op die ou bosveldpad
iets wat geld nie kan koop
bosveldpad pluk vir jou 'n lat
as jy sonder skoene loop
doringboom se kind sal jou voete vind
krokodil se vel…..

11. Herfsgedagtes

jou spore loop wyd oor hierdie land
ook van die noorde na die suidekant
het jy dit gevind
dit waarvoor jy so lank loop soek het
eenkeer..het ek dit gekry in die kyk van 'n kind
en die res …
was maar alles 'n gejaag na wind

As jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry

Hierdie woorde het ek onthou ,
Diep in die nag…
Op die pad tussen nou en nêrens
More het sy eie sorge
Van winter en wie weet wat nog
As ek tog net, as ek tog net…
Vergeet dit dis verby net soos die name
Van die dorpe, en die stede waardeur jy ry
As jy dan moet gaan….

12. Kitty

ek was nog baie myle weg
van Leeudoringstad
gerugte het my hierheen gebring
maar dis toe al wat dit was
in die Maroela hotel
het 'n vreemde vrou my vertel
jou Mercedes Benz was twee dae lank
buite in die straat parker
jy't gesê jy kom weer
maar niemand weet wanneer…

nou goed dan ry ek noorde toe
ta die grens, miskien is jy daar
want sien ek het jou paspoort gesteel
want ek was bang
ek was bang dat jy wil gaan
vêr oor die water heen
oor die blou oseaan
sonder om my te sê
vêr in die wêreld Kitty
is dit wat jy wil hê ?
die pastoor op DeWildt wou eers nie praat
toe dreig ons hom
met die Boek
jy weet natuurlik jy't ook
sy hart en siel gesteel
die arme man
weet nie eers waar om te gaan soek
die arme man
was in sak en as
al sy klere was geskeur
hy't in vreemde tale gemymer
iets vreesliks het hier gebeur

Ten minste weet ons nou jy was hier
Daar's orals tekens van jou
Weerlig en hael
En 'n reënboog of twee
En die reuk van 'n vrou
Maar dis nie sommer enige girl
Dit moet julle onthou
Hierdie een kom met die sekel;maan
Hierdie een maak die lug blou
Hierdie een het al 'n leeu geskiet
Sonder 'n scope
Laat weet my groot 'seblief
Waar is jy nou ?
Vêr in die wêreld Kitty
Is dit wat jy wil hê ?
Vêr in die wêreld Kitty..

13. Jacob Klipkop

My naam is Jakob Klipkop
Ek het in die oorlog baklei
Maar dis nou alles in die verlede
So sê hulle vir my
Maar dis nie altyd so maklik
Veral hier by Nuwejaar
As die crackers so skiet
Vang ek net spoke
Dis reguit terug na die bar
Want ek weet ek sal vir Blikkies daar kry
Daar in die verste hoek
Ou Blikman het net een arm
Die ander een is nog soek
Iewers noord van Ondangwa
In die dongas en die gras
Nou praat my ou maat maar min hierdie dae
Hy staar net so in sy glas
En Willem die boerseun van Rietfontein
Ons hoor hy't dit kwaai verloor
Met dinamiet gaan speel op die plaas
En die kardinaal die gaan saam
Hy' die ou opstal die lug in geblaas
Met al die ou familiefoto's en al
Nou Whitey dit was anders
Want dit was daarbo in die bos
Maar die engelse luitenant
Sy verhaal maak my baie bang
Hy 't dit alles gehad
Ook die breins en die hart
Maar toe die oorlog verby is
Het hy himself aan 'n boom opgehang
My naam is Jacob Klipkop
Maar die naam is vir my gegee
Op die infantrieskool in Potchefstroom
Baie winters gelede
Nou Blikkies en ek ons vra nie veel
Maar net dat die mense
Vir ons sal uitlos
Dan sit ons so vir ure
Sonder om iets te sê
Maar ons dink hard en ons dink vêr
Tot daar…
Anderkant die aand se stêr
In Owamboland se bos
Ja daar in Owamboland se bos…

14. Jeffreysbaai (Instrumenteel)

'n melodie op die kitaar gekry in Desembermaand 2002
by Piet en Sally se huis in J'bay ...

All lyrics supplied by Piet Botha.


««« Back



Discography

  • Wheel Of Fortune (single)
  • Bushrock 1
  • Horings Op Die Stoep (EP)
  • Jack Of All Trades
  • The Judas Chapter
  • Ghosts On The Wind
  • Death Of A Gypsy
  • Suitcase Vol Winter
  • Jan Skopgraaf
  • Anthology
  • Bootleg (live)
  • Die Hits
  • Die Mamba
  • Live At The Nile (live)
  • The Pilgrim
  • TuksFM Sessions
  • Highway 13
  • Handful Of Rain

  • Piet Botha The Early Years
    (Raven, Wildebeest)
  • Piet Botha Solo
  • Jack Hammer
  • Compilations (Various)
  • Sessions & Collaborations
  • mp3s

  • Kitty (demo)
  • Kitchener (demo)
  • Die Mamba (demo)
  • Man Met Kitaar (demo)
  • Skielik Somer (demo)
  • Al Weer Winter (demo)
  • Die Gemmerbroodman
  • Die Mamba
  • Jacob Klipkop
  • Al Die Stede
  • Google Search

    Google

    Search The Web
    Search Jack Hammer

    Sponsors

    The South African Rock Encyclopedia
    This website is part of the
    South African Rock Encyclopedia
     
    ©2001-2016 Jack Hammer. All Rights Reserved. Designed and maintained by Brian Currin.