Jack Hammer  
HOME | ABOUT | ALBUMS | LYRICS |GIGS | PHOTOS | REVIEWS | CONTACT
 
Piet Botha:
Wat ander sê


Vir enige musikant op die Suid-Afrikaanse rock-toneel, het Rock-guru Piet Botha geen bekendstelling nodig nie

Onderhoude en artikel deur Zippy

As lewende legende op die Suid-Afrikaanse musiektoneel het rock-guru Piet Botha bykans geen bekendstelling nodig nie. Maar hoe sien sy "kollegas" hom? Ons het ‘n paar van die kunstenaars wat op 25 Februarie by die Piet Botha Tribute-konsert (by die Foundry Fly Lounge in Pretoria) gaan optree, gevra om hulle gunsteling herinneringe aan en indrukke van Piet as mens met ons te deel

ANTON GOOSENMusikant en skrywer

"Piet was destyds bassist vir Wildebeest, die eerste Afrikaanse rockgroep. Ons het ontmoet toe ek ‘n Wildebeest-projek produce het. Daarna het ek vir Piet gaan luister toe hy gereeld by die Grand Central Hotel in Pretoria gespeel het. In die Kommissie Van Ondersoek-dae was sy band ook ons backing band. Karlien van Niekerk van die Kommissie het gesê "Ek het gevrees vir die dag wanneeer Piet en Anton seriously connect." Ons het.

Een aand gedurende ‘n show het die audience met hulle vingers in hul babas se ore uitgestorm toe ons "Moya" speel. Agterna het ‘n ou vir Piet en my gevra hoekom speel ons nie "iets rock en hard nie?" Toe sê Piet "Wat wil jy hoor? Judas Priest?"

Piet was ghitarist in my Bushrockband op die Danzer toer in '93, en hy was ‘n absolute steunpilaar, hy het letterlik klippe uit die pad gerol. "Laat die pyn deur jou vingers vloei, my bra" was sy woorde op daardie toer. Hy moes een aand die ander ghitarist bietjie vasvat op stage. Daardie aand het Piet vanuit die donker na die lig voor op die stage geloop, en sy Marshall amp se volume op 11 gedraai. Dirk Uys het die geleentheid beskryf as " ‘n Stucka gun wat losgebars het".

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Nederig.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: "Goeienag generaal", "Warm heuning"

VALIANT SWART - Musikant en akteur

"In 1988 was ek ‘n troep in PW se army in Pretoria. As Jack Hammer in die Grand Central Hotel in Kerkstraat gespeel het, was ek op AWOL, by die gig. Met ons eerste aangesig-tot-aangesig ontmoeting het ek een van my songs ("Jacaranda") aan hom probeer smous. Hy't my heel ordentlik aangeraai om die song op ‘n demo-kasset op te neem en na die volgende gig te bring. Ek het dit natuurlik nooit gedoen nie – toe't ek nog zero van sulke dinge geweet – en jare later het die song op een van my eie albums verskyn en vir lank ‘n standard in my eie band geword. Nog ‘n paar jaar later het hy ‘n paar van my ander songs opgeneem, op album gesit en live gespeel. Die wiel draai!"

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Skaam, nederig, misterieus, fynbesnaard, sensitief, galant en dapper.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: "Sien jou weer" van Suitcase Vol Winter. Die hele album is ‘n tydlose meesterstuk, waarskynlik sy beste werk.

LANIE VAN DER WALT – Vervaardiger van The Pilgrim, voormalige Jack Hammer kitaarspeler en lid van Not My Dog

"Ek het in 1993 vir Jack Hammer op guitar gejoin, en vir hulle gespeel tot in 1996. Daai tyd het ons HEAVY geparty!"

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Ken jy die Road?

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: "Midnight Angels".

ARTHUR DENNIS – Musikant en lid van Akkedis

"By Wingerdstok in 1998 het ons die eerste keer met Piet en Jack Hammer se musiek kennis gemaak, en vir Piet backstage ontmoet. Ons so 3-4 jaar terug werklik goeie vriende met Piet begin raak en het daarna vir ‘n hele maand saam met hom getoer. In 2002 was ons saam met Piet in Londen en het saam met hom na ‘n Neil Young show gaan kyk, wat great was. Die Waterboys en Gary Moore het ook by die show opgetree. Ons was maar platsak op daardie stadium en ek onthou hoe ons saam met Piet Londen platgeloop het - en nie genoeg geld gehad het vir sigarette nie!"

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Piet sal die baadjie van sy rug af vir jou gee.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: "Goeienag generaal"

GARETH WILSON – Musician and member of Southern Gypsey Queen

"The first time I heard of Piet was when a friend of mine played me Piet's bootleg album. I immediately went out and bought all the Jack Hammer albums I could find. Working with Piet on our Sweet Voodoo album and being able to draw from his very deep well of wisdom was an incredible experience."

If I had to describe Piet in one sentence: Most giving, intelligent, open-minded person I've met. Absolutely no ego.

My favourite Piet Botha/Jack Hammer song: "Bury me when"


««« Back



Articles

Tribute 2006 press release
Wat ander sê Zippy, 2006
Onderhoud Michael Currin, 2002
Piet Botha Pretoria Online, 1999
Harde rock, sagte hart Sarie, 2000
Roadies but Goldies The story of Jackson
Moonshine Lee remembers...

Google Search

Google

Search The Web
Search Jack Hammer

Sponsors

The South African Rock Encyclopedia
This website is part of the
South African Rock Encyclopedia
 
©2001-2016 Jack Hammer. All Rights Reserved. Designed and maintained by Brian Currin.