Jack Hammer  
HOME | ABOUT | ALBUMS | LYRICS |GIGS | PHOTOS | REVIEWS | CONTACT
 
Piet Botha
Jan Skopgraaf
Lyrics


Jan Skopgraaf

Blues Vir Louise

yster op yster
louise gaan die vonke laat spat
ons almal weet jy was nooit
'n maklike meisie
maar jy was altyd 'n warm kat
louise

'n splintenuwe besem
staan buite jou deur
en wanneer jy laatnag
voor die maan verby vlieg
met jou selfoon in jou een hand
dan sit die broers hieronder en bid
jy verloor beheer

chorus:
oral waar ek loop
oral waar ek gaan
loop ek met my bybel
en 'n nine mil
en 'n mes
want vir jou is ek bang
banger as 'n pofadder
louise

maar eendag is eendag
wanneer al jou reptiele
en jou skerpioene slaap
dan kom ons in die laatnag
ons gooi suiker voor jou deur
sit daar in die donker
drink mampoer
wag en kyk wat gebeur

yster op yster
louise gaan die vonke laat spat
die lyk van leon veenstra
le iewers in 'n donker gat
ek weet die duiwel kom jou haal
skattie

chorus

Laat Die Wiele Rol

in bloemfontein het jonker die wyn geproe
en sy hart verloor op 'n meisie skaars ouer as negentien
maar hy't haar nooit weer gesien
want toe hy wakkker word was ons al verby beaufort
en die pad na die suide lyk sommer beter

elke keer dan wonder ek wat soek ons alweer hier op die harde pad
want hard is hy boetie dis waar en dan partykeer
sag soos die reen laat die wiele rol ou jackson

in die kaap was hulle altyd baie goed vir ons
in die suburbs, in die stad, in stellenbosch en op die weskus ook
by vredendal het die kaarte vir ons reg geval en ons se dankie
dankie vir die brood en wyn en 'n sak vol silwer

hier gaan ons alweer met 'n sak vol drome en die sekelmaan
en die myle word nooit minder nie dit hang net af waar jy staan
laat die wiele rol ou jackson

die n2 loop verby kuilsrivier al langs die ooskus op
wildernis en jeffreysbaai en port elisabet
die reen het geval en die wind het gewaai maar ons was konings
in die baai en paulus het baljaar met tamboeryn en simbaal
en die lang man lyk of hy lekker kry wat 'n wonderlike lewe

ja dis maljan en die harlekyn en jou skaduwee
skuins na middernag in die donker kaart gespeel
gee net nog 'n bietjie meer en 'n bietjie langer
en laat die wiele rol, laat die wiele rol ou jackson

Who is Jackson? Read more here...

Thanks to Gipsie for these lyrics.


ллл Back



Discography

  • Wheel Of Fortune (single)
  • Bushrock 1
  • Horings Op Die Stoep (EP)
  • Jack Of All Trades
  • The Judas Chapter
  • Ghosts On The Wind
  • Death Of A Gypsy
  • Suitcase Vol Winter
  • Jan Skopgraaf
  • Anthology
  • Bootleg (live)
  • Die Hits
  • Die Mamba
  • Live At The Nile (live)
  • The Pilgrim
  • TuksFM Sessions
  • Highway 13
  • Handful Of Rain

  • Piet Botha The Early Years
    (Raven, Wildebeest)
  • Piet Botha Solo
  • Jack Hammer
  • Compilations (Various)
  • Sessions & Collaborations
  • Google Search

    Google

    Search The Web
    Search Jack Hammer

    Sponsors

    The South African Rock Encyclopedia
    This website is part of the
    South African Rock Encyclopedia
     
    й2001-2016 Jack Hammer. All Rights Reserved. Designed and maintained by Brian Currin.